Bediening


Behoeftes vir uitreik na Mosambiek

Hand doeke

Waslappe.

Boeke om in te skryf vir skool

•A5 skryf Boeke Sagteband

•A4 harde band skryf BoekeSkryfbehoeftes

•Penne,

•uitveers

•liniale en

•SkerpmakersVerfwerk.

•verf kwasse,

•skuurpapier

•verfbakke

•hout venster rame verf: DulocOok tuinwerk.Kunsterapie kamer.

•Verwe, in kleur boeke.

•Kleur kryte.

•Speel klei

•Gekleurde papier

 

Waar kan ek dien

Jesus se groot opdrag in Matteus 28 is om dissipels van alle nasies te maak. Een van ons fokusse in Blancogemeente is om hierdie opdrag uit te voer. Dit begin in ons omiddelike gemeenskap, en versprei dan oor die hele wereld. Blancogemeente is betrokke by verskeie uitreik aksies van so eenvoudig as om mense by deure te onvang, tot om ‘n sopkombuis te behartig

Die afgelope jare het die Here die gemeente gelei om ‘n visie of roeping te begin formuleer en gestalte daaraan te gee in ons daaglikse bestaan en gemeente-en-gemeenskap gefokusde aktiwiteite. Verskillende fokusareas (soos Omgee, Aanbidding, Lering, Diens, Kommunikasie, Stratkom en Oikonomos) het ontwikkel. Die strewe van leiers en lidmate om die visie “ ’n gestuurde familie meer en meer soos Jesus” uit te leef en ten volle te ontwikkel, het reeds dinamiese gevolge gehad. Talle uitreikingsaksies het ontstaan om die armes, eensames en siekes te versorg en ondersteun. Projekte is deur selgroepe onderneem soos die afgelope jare om onder meer Laerskool Kretzenshoop te ondersteun deur bydraes te maak vir die skoolbenodigdhede, toesig te hou, voorlesings te doen in klasse, onderwysers te ondersteun, ens. Oor die jare het daar nie net ‘n goeie samewerking ontwikkel tussen Laerskool Blanco en Blancogemeente nie, maar is ons as gemeente ook betrokke by die skool.

Die Diensfokusarea het ook in 2011 met opwindende projekte begin. Die opleiding van ‘n evangelis by Morgenster word deur die gemeente gefinansier. Ander projekte wat baat vind by finansiële ondersteuning op ‘n maandelikse basis, is o.a. sendingwerk in Portugal en twee kinders in Mosambiek in ‘n “huis van veiligheid” wat geborg word. Voorts is daar ook betrokkenheid by Saaiers vir Christus (‘n interkerklike bediening in die gemeenskap) en talle ander projekte soos “GOD’S KIDZ” en Moreson kinderhuis.

Lofprysing en aanbidding

Baie van ons gemeente lede is betrokke by ons musiekbedienning. Die vrywilligers is ‘n belangrike deel van ons bediening wat hul gawes gebruik om God te vereer. Ons wil ook graag die verskeidenheid van ons gemeente vier binne hierdie bediening deur van alle moontlike musiekinstrumente gebruik te maak. Ons wil met alles wat ons het, die Here loof en prys en ander mense saam met ons in aanbidding voor God bring.

Ons het ook n media span wat help met klank , uitsending van ons dienste en video opnames. Ons weeklikse dienste word op ons web blad gelaai en ons het ook n aktiewe “Facebook” blad.

Ander kunste soos Dans en Drama, Kunste, Blommerangskikkings het ook op ‘n gereelde basies ‘n plek in ons gemeente


Gebeds Atlete

Gebed kan nie oor beklemtoon word nie, want dit sit God se hande in beweging. Blancogemeente is 'n liggaam van gelowiges wat op gebed staatmaak. Elke Maandag aand 18:00 is daar vrywilligers wat n biduur hou , hier word ons leraars, ons kerkdiens, en gemeentelede aan die Here op gedra. Enige lief en leed word ook hier aangespreek en voorbidding word gedoen.


Gasvryheidsbediening

Ontvang en verwelkom nuwe lidmate, nuwe intrekkers in die omgewing op die volgende wyse:

Persone wat eredienste bywoon, word na elke erediens na die Kuiertyd genooi en word daar deur een van die Nuwe Intrekker bediening persone ontvang en ook hulle inligting verkry. Daarna word so spoedig moontlik verder kontak met elke nuwe lidmaat gemaak omhulle welkom te laat voel.


Kuiertyd bediening

(na eredienste)

Die kuiertyd word vir elke Sondag gereël. Verskille groepe mense word betrokke gemaak om die Kuiertyd elke Sondag te hanteer. Hierdie is die ideale geleentheid om nuwe mense te ontmoet en lekker saam te kuier.


Omgeegroepe

‘n Pastorale en omgee bediening, ‘n spesifieke en spesiale saamstap met mekaar

1 KORTTERMYN BESOEKGROEP

Doen besoeke aan lidmate in hospitale

2 LANGTERMYN BESOEKGROEP

Doen besoeke en bied ondersteuning aan lidmate met “langtermyn”siektes soos bv. Kanker, Parkinson’s, en ander ernstige siektes wat langtermyn behandeling verg

3 ROUSMART BESOEKGROEP

Doen besoeke by lidmate wat krisisse beleef soos dood, ongelukke, egskeidings ens.


Dienssentrum


Noodkas

Sondag

Erediens9h00
Kindergroepe9h00
TienergroepeNa Diens