Potskerf 2015-04-05

breakbread

Baie welkom by vanoggend se Paasfees Erediens gelei deur Cornie Pretorius

TEKS: Markus 16

DEURKOLLEKTE: Hospitaalbearbeiding (Sinodale)

KINDERGROEPE: Geen

TIENERGROEPE: Geen

SONDAG 12 APRIL:
09:00 : Cornie Pretorius

MAANDAG 13 APRIL:
SKOLE HEROPEN

DINSDAG 14 APRIL:
18:00 : Gemeenteraad vergadering

SONDAG 19 APRIL:
09:00 : Francois Mulder

VERLOF: Francois is met verlof van 2 tot 12 April 2015


ons_aanbid.jpg

AANBIDDING

  • Andries Olivier - 0728429915
  • Renier Schuin - 0832534721

Enige Gebedsversoeke asook deelname aan die gebedsatlete kan na Andries Olivier deurgestuur word.

"Ek bid vir hierdie dag: Stort u seën oor my uit, vergroot my grondgebied, neem my onder u beskerming en weerhou onheil van my sodat geen smart my tref nie. (1 Kron 4:10) Laat kom my nie in die versoeking nie maar verlos my van die bose want aan U behoort die Koninkryk en die krag tot in alle ewigheid. Amen."

GEBEDSGELEENTHEID: Ons bid elke Sondag-oggend, behalwe vakansietye om 08:30 saam in een van die Kinderlokale.

.


ons_gee_om.jpg

OMGEE

  • Stefan Schoeman - 0832872846
  • Koeloe Koen - 0834900005
  • Johan van Greunen - 0828703477
  • Nico van Rensburg - 0836359907
  • Ron Stevens - 0721222827

VRYMOEDIGHEIDSISTEEM:

Hieronder is die kontaknommers in geval van nood. Vir enige ander behoeftes (soos DOOP, TROUES, GEWONE HUISBESOEKE), neem asb die vrymoedigheid om met een van die Leraars kontak te maak.

HOSPITAAL- en HUISBESOEKE EN ANDER NOODGEVALLE:

Maak asseblief kontak met 1 van die volgende:

a) LERAAR: Cornie Pretorius – 044-8707312 / 083 303 8050

b) LERAAR: Francois Mulder – 044-8707786 / 082 676 4275

c) KOÖRDINEERDER:

  • LANGTERMYN: Rina Ramsauer - 044-8707113
  • DIENSSENTRUM: Mariet Raath - 0823611111
  • SENIOR HUISBESOEKGROEP: Ron Stevens - 0721222827

Onthou om met “inboek” in die hospitaal aan te dui dat jy ‘n lidmaat is van die NG Kerk Blancogemeente.


Lief en Leed

As gestuurde familie bid ons vir gemeentelede wat die afgelope tyd in die hospitaal was/siek is/besig is om te herstel:

Bid vir al die families wat swaarkry.

Ons sê saam dankie vir genesing en bid steeds vir diegene wat nog opvolg besoeke moet bring.

Ons bid vir almal wat siek is en steeds behandeling ontvang asook hulle wat aansterk.

  • Lyttelton Sorgsentrum: Bid vir Tannie Drewsie Sutherland (93) (044-8708824) en tannie Sarie Barkhuizen.
  • Bid vir Hans van Jaarsveld (0762345121); Dorie van Heerden (044-8707972); Johan Langenhoven (0845044885); Oom Fanie Victor (0827459904); Christo Claassen (0827387581); Albert Enslin (0828213505) se gesondheid.
  • Bid vir Henriëtte Pretorius (0796767351); Erna Theron dogter Madea 0835167253; André Coetzer (0832819616) se herstel.
  • Bid vir Oom Hannes Wiese (0827876715 / 044-8700042) ook vir tannie Drienie, gesin en familie.
  • Hennie Barnard (0738007096) word die 13de April in Kaapstad geopereer. Bid vir hom, sy vrou Freda (0732593944) en familie.
  • Bid vir Madeleine Scholtz (0828730302) was vir toetse.
  • Ivan Ramsauer (0727967282) en Rina sê: Geliefdes julle het met volgehoue opregte gebede die dak oopgemaak en Ivan voor Jesus se voete laat sak toe hyself nie kon nie. Gaan baie beter en hy sterk tuis aan. Dankie! Dankie.
  • Bid vir Anrike Barnard (16 jr) kleindogter van Barries en Pikkie (0840690214) sy was Vrydagaand in 'n motorongeluk en is in ICU in Rosepark Hospitaal Bloemfontein. Bid ook vir haar familie.
  • Bid vir Lerene van Niekerk (0829263258) wat herstel na knie operasie.

Senior Verjaarsdae: 80 jaar en ouer

birthday cake2

Baie geluk aan die Seniors wat gedurende April verjaar:

  • Helene Van Graan - 02/04 - 044-8700256
  • Elize Burger - 05/04 - 044-8707882 / 0836557479
  • Swanie Swanevelder - 05/04 - 044-8708378 / 0827601616
  • Flippie Lamprecht - 10/04 - 044-8708247
  • Kleintjie Pienaar - 25/04 - 0828596052
  • Joey Loots - 30/04 - 044-8700609 / 0798540705

Senior Bediening: Ron Stevens (044-8798905 / 0721222827)

church 4ATTESTATE ONTVANG VANAF ANDER GEMEENTES:

Baie welkom aan die volgende Intrekkers:
Hybie de Jager (0828219051) Meentstraat 5 vanaf Nederduitsch Hervormde Gemeente Theresapark.

 

kettle cupKUIERTYD NA DIE EREDIENS:

Kom drink vanoggend na die erediens 'n lekker koppie koffie/tee. Ons nooi almal uit om saam te kom kuier en so Blanco-familie te ontmoet en te leer ken. Vir navrae sakel Nico by 0836359907.


ons_gee.jpg

OIKONOMOS

  • Rikus Lamprecht - 0726994291
  • Koeloe Koen - 0834900005
  • Ben Vermeulen - 0828703625


BANKBESONDERHEDE:

Bank: ABSA George

Tjek nommer: 890580033

Takkode: 632005 (Yorkstraat)


Oorweeg dit asb biddend om jou bydrae elektronies (inbetaling / debietorder) in te betaal. Die voordele vir die Gemeente is:

  1. Minder kontant op die perseel.
  2. Konstantheid

Sondag 12 April se Spesiale Deurkollekte is vir Morgenster Sendingstasie.

Sondag 19 April se Spesiale Deurkollekte is vir EMMAUS Sentrum.

.


2009logo.jpg

DIENSVERHOUDINGE

  • Kobus Sieberhagen - 082 800 0041

.


2009logo.jpg

STRATKOM

  • Ferdinand Heymann - 083 655 5683
  • Gerrie Cronje - 082 777 2226

.


ons_dien.jpg

DIENS

  • Pieter Groenewald - 0823785376

.


ons_leer.jpg

LERING

  • Theuns Botha - 0828212119
  • Marius Smit - 0724263060

.


2009logo.jpg

KOMMUNIKASIE

  • Morné Nel - 0764536929

Gemeentelede word uitgenooi om van ons nuwe e-pos adres gebruik te maak. Dit is sommer vir lekker saam gesels en nuus deel. Stuur enige foto's van wat by die huis, skool, werk, selgroepe, funksies, uitstappies ens. gebeur.

Ons wil graag hê ons familie moet mekaar sien en leer ken deur die e-pos adres te gebruik. Foto's/Selfies ens. sal op ons Facebook bladsy geplaas word.

Kom Praat Saam met Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Ons Facebook bladsy is https://www.facebook.com/Blancogemeente

.


2009logo.jpg

UIT DIE KANTOOR

.