Potskerf 2015-05-24

breakbread2015

Baie welkom by vanoggend se Pinksterfees Nagmaal gelei deur Cornie Pretorius.

TEKS: Esegiël 37 : 1 – 14

DEURKOLLEKTE: Badisa George

KINDERGROEPE: Julle woon saam met julle ouers die diens by.

TIENERGROEPE: Na Erediens

DINSDAG 26 MEI : Oikonomos Vergadering

WOENSDAG 27 MEI : Protea Klub Byeenkoms

SONDAG 31 MEI: DANKSONDAG
09:00 : Francois Mulder


ons_aanbid.jpg

AANBIDDING

  • Andries Olivier - 0728429915
  • Renier Schuin - 0832534721

Enige Gebedsversoeke asook deelname aan die gebedsatlete kan na Andries Olivier deurgestuur word.

burning doveWaai deur my, o Heilige Gees,
sodat my gedagtes heilig mag wees.
Handel in my, o Heilige Gees,
sodat my werk u heiligheid mag reflekteer.
Trek my hart na U toe, o Heilige Gees,
sodat ek sal liefhê wat helig is."
(Augustinus van Hippo, 5e eeu)

GEBEDSGELEENTHEID: Ons bid elke Sondag-oggend, behalwe vakansietye om 08:30 saam in een van die Kinderlokale.

MUSIEKBEDIENING:

Huidiglik help Drini ons nog uit met musiekbediening, maar ons is op soek na nog musikante. Julle hoef nie instumente te hê nie. As jy belangstel skakel asb vir Drini (0722422777), Reinier (0832534721) of Andries (0728429915).

SOP EN SJERRIE AAND

Kom kuier lekker saam!

WANNEER: VRYDAG 5 JUNIE 2015
HOE LAAT: 18:00
WAAR: Kerksaal
KOSTE: R25 per person
GASKUNSTENAAR: MICHAEL LINDT
NAVRAE: Reinier 0832534721
Kaartjies beskikbaar by Gemeenteraad en Kerkkantoor

.


ons_gee_om.jpg

OMGEE

  • Stefan Schoeman - 0832872846
  • Koeloe Koen - 0834900005
  • Johan van Greunen - 0828703477
  • Nico van Rensburg - 0836359907
  • Ron Stevens - 0721222827

VRYMOEDIGHEIDSISTEEM:

Hieronder is die kontaknommers in geval van nood. Vir enige ander behoeftes (soos DOOP, TROUES, GEWONE HUISBESOEKE), neem asb die vrymoedigheid om met een van die Leraars kontak te maak.

HOSPITAAL- en HUISBESOEKE EN ANDER NOODGEVALLE:

Maak asseblief kontak met 1 van die volgende:

a) LERAAR: Cornie Pretorius – 044-8707312 / 083 303 8050

b) LERAAR: Francois Mulder – 044-8707786 / 082 676 4275

c) KOÖRDINEERDER:

  • LANGTERMYN: Rina Ramsauer - 044-8707113
  • DIENSSENTRUM: Mariet Raath - 0823611111
  • SENIOR HUISBESOEKGROEP: Ron Stevens - 0721222827

Onthou om met “inboek” in die hospitaal aan te dui dat jy ‘n lidmaat is van die NG Kerk Blancogemeente.


Lief en Leed

As gestuurde familie bid ons vir gemeentelede wat die afgelope tyd in die hospitaal was/siek is/besig is om te herstel:

Bid vir al die families wat swaarkry.

Ons sê saam dankie vir genesing en bid steeds vir diegene wat nog opvolg besoeke moet bring.

Ons bid vir almal wat siek is en steeds behandeling ontvang asook hulle wat aansterk.

  • Lyttelton Sorgsentrum: Bid vir Tannie Drewsie Sutherland (93) (044-8708824) en tannie Sarie Barkhuizen.
  • Bid vir Hans van Jaarsveld (0762345121); Dorie van Heerden (044-8707972); Oom Fanie Victor (0827459904); Christo Claassen (0827387581); Albert Enslin (0828213505) se gesondheid.
  • Bid vir Henriëtte Pretorius (0796767351) se herstel.
  • Bid vir Oom Hannes Wiese (0827876715 / 044-8700042) en tannie Drinie en familie.
  • Hennie Barnard (0738007096) herstel na operasie. Bid vir hom, sy vrou Freda (0732593944) en familie.
  • Bid vir Luandi Mc Hugh (0799221637) se gesondheid.
  • Bid asb vir Percy van Wyk (0825891396) se broer Derrick van Stellenbosch hy is ernstig siek met akkute Leukemia. Dit gaan beter met Derrick. Hy is uit die hospitaal ontslaan.

Senior Verjaarsdae: 80 jaar en ouer

birthday cake2

Baie geluk aan die Seniors wat gedurende Mei verjaar:

  • Drinie Nel - 28/05 - 044-8707535

Senior Bediening: Ron Stevens (044-8798905 / 0721222827)

kettle cupKUIERTYD NA DIE EREDIENS:

Kom drink vanoggend na die Erediens 'n lekker koppie koffie/tee. Ons nooi almal en spesiaal ons nuwe intrekkers uit om saam te kom kuier.
Navrae: Nico 0836359907.

PINKSTER: Daar sal elke aand vanaf 18:00 tot 18:30 en weer na die diens iets te ete aangebied word. Donasies sal baie welkom wees.

proteas1PROTEAKLUB : 27 MEI 2015

Ons eet saam by die kerksaal - vandag is VISDAG! Soos gewoonlik heerlike bykosse en drinkgoed. Bring asb u eie eetgerei. Lede R45.00 besoekers - R55.00

Bespreek asb voor 24 Mei by Lenie 044-8708660.

DIENSSENTRUM:

Ons Dienssentrum soek dringend 'n haarkapster wat elke eerste Donderdag van die maand vanaf 9 tot 11:00 uur van die Seniors se hare kan kom sny en blaas. Ons soek ook dames wat bereid is om so elke 3 maande vir ons 'n groot bord eetgoed te skenk. Verder nooi ons alle Seniors bo 60 om gratis aan te sluit. Jul word bederf en gepamperlang so tussen die heerlike saam kuier.

Kontak: Mariet Raath by 082 364 1111.


ons_gee.jpg

OIKONOMOS

  • Rikus Lamprecht - 0726994291
  • Koeloe Koen - 0834900005
  • Ben Vermeulen - 0828703625


BANKBESONDERHEDE:

Bank: ABSA George

Tjek nommer: 890580033

Takkode: 632005 (Yorkstraat)


Oorweeg dit asb biddend om jou bydrae elektronies (inbetaling / debietorder) in te betaal. Die voordele vir die Gemeente is:

  1. Minder kontant op die perseel.
  2. Konstantheid

Sondag 17 Mei se spesiale deurkollekte was vir Huis JJ Watson en die bedrag van R568.00 is ingevorder. Baie dankie vir jou bydrae.

Sondag 31 Mei se Spesiale Deurkollekte is vir Arbeidsbediening, George.

.


2009logo.jpg

DIENSVERHOUDINGE

  • Kobus Sieberhagen - 082 800 0041

.


2009logo.jpg

STRATKOM

  • Ferdinand Heymann - 083 655 5683
  • Gerrie Cronje - 082 777 2226

.


ons_dien.jpg

DIENS

  • Pieter Groenewald - 0823785376

.


ons_leer.jpg

LERING

  • Theuns Botha - 0828212119
  • Marius Smit - 0724263060

.


2009logo.jpg

KOMMUNIKASIE

  • Morné Nel - 0764536929

Gemeentelede word uitgenooi om van ons nuwe e-pos adres gebruik te maak. Dit is sommer vir lekker saam gesels en nuus deel. Stuur enige foto's van wat by die huis, skool, werk, selgroepe, funksies, uitstappies ens. gebeur.

Ons wil graag hê ons familie moet mekaar sien en leer ken deur die e-pos adres te gebruik. Foto's/Selfies ens. sal op ons Facebook bladsy geplaas word.

Kom Praat Saam met Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Ons Facebook bladsy is https://www.facebook.com/Blancogemeente

.


2009logo.jpg

UIT DIE KANTOOR

.


 

Sondag

Erediens9h00
Kindergroepe9h00
TienergroepeNa Diens