Potskerf 2015-08-02

64dae tree

Baie welkom by vanoggend se Erediens gelei deur Cornie Pretorius

TEKS: 2 Kor. 4 : 7 - 5 : 10

TEMA: Ons kan nie sonder hoop lewe nie

DOOP: Vanoggend word Stephan en Danine Lamprecht se seun-tjie Bernard en Quintus en Chrisna Smede se seuntjie Christiaan gedoop. Gods rykste seën word julle as gesinne toegebid.

DEURKOLLEKTE: Bybelgenoodskap (Sinodale)

KINDERGROEPE: Kindermoment in kerk dan na jul lokale.

TIENERS: Na boodskap

DINSDAG 4 AUGUSTUS:
18:00 : Gemeenteraad vergadering

DONDERDAG 6 AUGUSTUS:
09:00 : Dienssentrum

SONDAG 09 AUGUSTUS:
09:00 : Francois Mulder


ons_aanbid.jpg

AANBIDDING

  • Andries Olivier - 0728429915
  • Renier Schuin - 0832534721

Enige Gebedsversoeke asook deelname aan die gebedsatlete kan na Andries Olivier deurgestuur word.

Vader, in die woorde van Rom 12:1, kom gee ek vandag myself opnuut weer aan U as 'n lewende en heilige offer wat vir U aanneemlik is. Ek kies bewustelik om my lewe prys te gee en ek vra U, Here, om 'n lewe wat krampagtig op homself ingebuig is, oop te buig na buite - na die wêreld, na die naaste en na Uself. Kom O Skepper Gees kom lei my in die waarheid, kom leer van die Seun. Kom wys en leer my hoe ek in volkome afhanklikheid in totale oorgawe aan die Vader soos Jesus kan lewe.

GEBEDSGELEENTHEID: Ons bid elke Sondag-oggend, behalwe vakansietye om 08:30 saam in een van die Kinderlokale.

MUSIEKBEDIENING:

Huidiglik help Drini ons nog uit met musiekbediening, maar ons is op soek na nog musikante. Julle hoef nie instumente te hê nie. As jy belangstel skakel asb vir Drini (0722422777), Reinier (0832534721) of Andries (0728429915).

DOOPBEDIENING EN DOOPVOORBEREIDING:

Die doopvoorbereiding vind eenmaal per maand plaas in 'n reeks van 2 byeenkomste op Maandagaande om 19:00 – 20:30 by die kerkgebou.
Datums vir volgende byeenkomste is:

  • 24 & 31 Augustus
  • 21 & 28 September
  • 19 & 26 Oktober
  • 23 & 30 November

.


ons_gee_om.jpg

OMGEE

  • Stefan Schoeman - 0832872846
  • Koeloe Koen - 0834900005
  • Johan van Greunen - 0828703477
  • Nico van Rensburg - 0836359907
  • Ron Stevens - 0721222827

VRYMOEDIGHEIDSISTEEM:

Hieronder is die kontaknommers in geval van nood. Vir enige ander behoeftes (soos DOOP, TROUES, GEWONE HUISBESOEKE), neem asb die vrymoedigheid om met een van die Leraars kontak te maak.

HOSPITAAL- en HUISBESOEKE EN ANDER NOODGEVALLE:

Maak asseblief kontak met 1 van die volgende:

a) LERAAR: Cornie Pretorius – 044-8707312 / 083 303 8050

b) LERAAR: Francois Mulder – 044-8707786 / 082 676 4275

c) KOÖRDINEERDER:

  • LANGTERMYN: Rina Ramsauer - 044-8707113
  • DIENSSENTRUM: Mariet Raath - 0823611111
  • SENIOR HUISBESOEKGROEP: Ron Stevens - 0721222827

Onthou om met “inboek” in die hospitaal aan te dui dat jy ‘n lidmaat is van die NG Kerk Blancogemeente.


Lief en Leed

As gestuurde familie bid ons vir gemeentelede wat die afgelope tyd in die hospitaal was/siek is/besig is om te herstel:

Bid vir al die families wat swaarkry.

Ons sê saam dankie vir genesing en bid steeds vir diegene wat nog opvolg besoeke moet bring.

Ons bid vir almal wat siek is en steeds behandeling ontvang asook hulle wat aansterk.

  • Lyttelton Sorgsentrum: Bid vir Tannie Drewsie Sutherland (93) (044-8708824) en tannie Sarie Barkhuizen.
  • Lidmate in Huis JJ Watson: Bid vir tannie Susie Stander (95jr) se gesondheid en tannie Getha van Zyl (83jr) (044-8700785).
  • Hans van Jaarsveld (0762345121); Dorie van Heerden (044-8707972); Oom Fanie Victor (0827459904); Christo Claassen (0827387581); Albert Enslin (0828213505); Oom Hannes Wiese (0827876715 / 044-8700042).
  • Bid vir tannie Gerty Young (81jr) (044-8700785) se gesondheid.
  • Bid vir Ben Stander (0847201933) se gesondheid.
  • Botha Breedt (0829206976) is die 21ste geopereer. Bid vir spoedige herstel en ook vir Mariana (0827703417) en kinders.
  • Bid vir Ernst Kurtz wat herstel na ernsige motorfiets ongeluk.
  • Bid vir George en Hannetjie du Plessis hy is met akute leukemia gediagnoseer.
  • Bid vir Bettie Viljoen (Snr) (044-8708680 / 0723311296) sy herstel tuis na motorongeluk.
  • Gerda Oosthuizen (0794948687) is ontslaan uit hospitaal - geen nagevolge na ligte beroerte.

Senior Verjaarsdae: 80 jaar en ouer

birthday cake2

Baie geluk aan die Seniors wat gedurende Augustus verjaar:

  • Ernst Langner - 02/08 - 044-8736225 / 0839405774
  • André Botha - 04/08 - 044-8707917
  • Bakkies van Heerden - 08/08 - 044-8707657
  • Annatjie Weideman - 12/08 - 0722985722
  • Bill Snyman - 30/08 - 044-8707918
  • Magriet Slabbert - 31/08 - 044-8707654

Senior Bediening: Ron Stevens (044-8798905 / 0721222827)

kettle cupKUIERTYD NA DIE EREDIENS:

Kom drink vanoggend na die Erediens 'n lekker koppie koffie/tee. Ons nooi almal en spesiaal ons nuwe intrekkers uit om saam te kom kuier.
Navrae: Nico 0836359907.

DIENSSENTRUM:

Ons soek dames wat bereid is om so elke 3 maande vir ons 'n groot bord eetgoed te skenk. Verder nooi ons alle Seniors bo 60 om gratis aan te sluit. Jul word bederf en gepamperlang so tussen die heerlike saam kuier.

Kontak: Mariet Raath by 082 364 1111.


ons_gee.jpg

OIKONOMOS

  • Rikus Lamprecht - 0726994291
  • Koeloe Koen - 0834900005
  • Ben Vermeulen - 0828703625


BANKBESONDERHEDE:

Bank: ABSA George

Tjek nommer: 890580033

Takkode: 632005 (Yorkstraat)


Oorweeg dit asb biddend om jou bydrae elektronies (inbetaling / debietorder) in te betaal. Die voordele vir die Gemeente is:

  1. Minder kontant op die perseel.
  2. Konstantheid

Sondag 26 Julie se spesiale deurkollekte was vir Teologiese Kweekskool en die bedrag van R196.50 is ingevorder. Baie dankie vir jou bydrae.

Sondag 09 Augustus se Spesiale Deurkollekte is vir ons Noodkas.

VLEISMARK & MINIBASAAR: 1 AUGUSTUS 2015

vleismark5Baie dankie vir elkeen wat bereid was om met die vleisverwerking te help. Ons weet dit is baie harde werk en waardeer dit opreg.

Ons wil nie uitsonderings maak nie, maar spesiaal dankie ook vir die volgende persone:

  1. Die Van Greunen broers, Johan, Nelius, Bennie, Christie en al hul werkers, ook vir Bea vir die regmaak van die stoor.
  2. Koeloe en sy mense vir al die reëlings rondom die Vleismark.
  3. Elma vir al die reëlings rond om die MiniBasaar. 4. Die Sameroepers van die verskillende tafels. En dan Loof en Prys ons die Here vir die bedrag van R......... wat ge-in is. (Onkostes moet nog afkom)

.


2009logo.jpg

DIENSVERHOUDINGE

  • Kobus Sieberhagen - 082 800 0041

.


2009logo.jpg

STRATKOM

  • Ferdinand Heymann - 083 655 5683
  • Gerrie Cronje - 082 777 2226

.


ons_dien.jpg

DIENS

  • Pieter Groenewald - 0823785376

Kennis gee van herbenutting van ekstra Reënprojek bydraes

Weereens baie dankie aan almal wat bygedra het vir die Reënprojek van Blanco Laerskool. Ons het meer skenkings ontvang as wat nodig was. Daarom wil ons graag die ekstra fondse wat nie gebruik is nie, aanwend vir onvoorsiene nood in ons gemeenskap. Ons hoop en vertrou dat dit in orde is met almal wat bydraes tot hierdie insameling gemaak het.

.


ons_leer.jpg

LERING

  • Theuns Botha - 0828212119
  • Marius Smit - 0724263060

.


2009logo.jpg

KOMMUNIKASIE

  • Morné Nel - 0764536929

Gemeentelede word uitgenooi om van ons nuwe e-pos adres gebruik te maak. Dit is sommer vir lekker saam gesels en nuus deel. Stuur enige foto's van wat by die huis, skool, werk, selgroepe, funksies, uitstappies ens. gebeur.

Ons wil graag hê ons familie moet mekaar sien en leer ken deur die e-pos adres te gebruik. Foto's/Selfies ens. sal op ons Facebook bladsy geplaas word.

Kom Praat Saam met Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Ons Facebook bladsy is https://www.facebook.com/Blancogemeente

.


2009logo.jpg

UIT DIE KANTOOR

.