Potskerf 2015-12-06

gee lof

Baie welkom by vanoggend se Erediens. Prediker: Francois Mulder

TEKS: Lev 23: 34 - 36

TEMA: Fees 7 : HUTTEFEES

DOOP: Vanoggend word LJ en Ronel Rossel se seuntjie Pascal gedoop. God se seën word jul toegebid.

DEURKOLLEKTE: BADISA, George

KINDERGROEPE: Afsluiting

SONDAG 13 DESEMBER
09:00 : Francois Mulder

VERLOF: Cornie is met verlof van 02 Desember tot
27 Desember en Francois gedurende Januarie.

25 DESEMBER:
Deel-jou-kersete projek. Bring etes voor 12 uur na Kerksaal.


ons_aanbid.jpg

AANBIDDING

  • Andries Olivier - 0728429915
  • Renier Schuin - 0832534721

Enige Gebedsversoeke asook deelname aan die gebedsatlete kan na Andries Olivier deurgestuur word.

Vader in hierdie week bring ons die volgende sake van ons gemeente voor U: dat daar tekens en wonders in ons gemeente sal plaasvind deur die krag van die Gees, dat mense kragtig deur die prediking aangeraak sal word en tot bekering vernuwe en dat mense wat U reeds ken kragtige groei sal belewe.

candle pinebranch"Kom, alle getroues,
vrolik en vol vreugde,
o, kom in die gees nou na Bethlehem!
Loof daardie Kindjie
tot ons heil gebore -
Kom buig daar in aanbidding ...
voor Jesus, die Heer." (Ges 88)

GEBEDSGELEENTHEID: Ons bid elke Sondag-oggend, behalwe vakansietye om 08:30 saam in een van die Kinderlokale.

.


ons_gee_om.jpg

OMGEE

  • Stefan Schoeman - 0832872846
  • Koeloe Koen - 0834900005
  • Johan van Greunen - 0828703477
  • Nico van Rensburg - 0836359907
  • Ron Stevens - 0721222827

VRYMOEDIGHEIDSISTEEM:

Hieronder is die kontaknommers in geval van nood. Vir enige ander behoeftes (soos DOOP, TROUES, GEWONE HUISBESOEKE), neem asb die vrymoedigheid om met een van die Leraars kontak te maak.

HOSPITAAL- en HUISBESOEKE EN ANDER NOODGEVALLE:

Maak asseblief kontak met 1 van die volgende:

a) LERAAR: Cornie Pretorius – 044-8707312 / 083 303 8050

b) LERAAR: Francois Mulder – 044-8707786 / 082 676 4275

c) KOÖRDINEERDER:

  • DIENSSENTRUM: Mariet Raath - 0823611111
  • SENIOR HUISBESOEKGROEP: Ron Stevens - 0721222827

Onthou om met “inboek” in die hospitaal aan te dui dat jy ‘n lidmaat is van die NG Kerk Blancogemeente.


Lief en Leed

As gestuurde familie bid ons vir gemeentelede wat die afgelope tyd in die hospitaal was/siek is/besig is om te herstel:

Bid vir al die families wat swaarkry.

Ons sê saam dankie vir genesing en bid steeds vir diegene wat nog opvolg besoeke moet bring.

Ons bid vir almal wat siek is en steeds behandeling ontvang asook hulle wat aansterk.

  • Lyttelton Sorgsentrum: Bid vir Tannie Drewsie Sutherland (93) (044-8708824) en tannie Sarie Barkhuizen.
  • Lidmate in Huis JJ Watson: Bid vir tannie Susie Stander (95jr) se gesondheid en tannie Getha van Zyl (83jr) (044-8730479).
  • Bid vir Hans van Jaarsveld (0762345121); Dorie van Heerden (044-8707972); Oom Fanie Victor (0827459904); Christo Claassen (0827387581); Albert Enslin (0828213505); Oom Hannes Wiese (0827876715 / 044-8700042); tannie Gerty Young (044-8700785); Ben Stander (0847201933); Ernst Kurtz; Nellis Oosthuizen (0794948687), Nico Olivier se gesondheid.
  • Jan Jonck (0799089839) herstel na hakskeen operasie..
  • Jean van den Berg (0732724299) herstel na operasie.
  • Bid vir Johanna Bruwer, (0846119269) in George Hospitaal.


Senior Verjaarsdae: 80 jaar en ouer

birthday cake2

Baie geluk aan die Seniors wat gedurende Desember verjaar:

  • Martha Boshoff - 03/12 - 044-8707593
  • Hannes Wiese - 12/12 - 044-8700042 / 0827876715
  • Gerrit Potgieter - 13/12 - 044-8707399 / 0828202802
  • Trien Van Gass - 19/12 - 044-8708294
  • Stoffel Buys - 31/12 – 0824229305

Baie geluk aan die Seniors wat gedurende Januarie verjaar.

  • Stompie Schmidlin - 03/01 - 0725672424
  • Ben Groenewald - 04/01 - 044-8732772 / 0795169070
  • Sussie Fourie - 10/01 - 044-8707569 / 0827611335
  • Rensie Gosling-11/01 - 044-8707125 / 0824919184
  • Ben Viljoen - 12/01 - 044-8707288 / 0834124599
  • Ria Slabber - 12/01 - 044-8710138 / 0824490025

Senior Bediening: Ron Stevens (044-8798905 / 0721222827)

kettle cupKUIERTYD NA DIE EREDIENS:

Kom drink vanoggend na die Erediens 'n lekker koppie koffie/tee. Ons nooi almal en spesiaal ons nuwe intrekkers uit om saam te kom kuier.
Navrae: Nico 0836359907.


ons_gee.jpg

OIKONOMOS

  • Rikus Lamprecht - 0726994291
  • Koeloe Koen - 0834900005
  • Ben Vermeulen - 0828703625


BANKBESONDERHEDE:

Bank: ABSA George

Tjek nommer: 890580033

Takkode: 632005 (Yorkstraat)


Oorweeg dit asb biddend om jou bydrae elektronies (inbetaling / debietorder) in te betaal. Die voordele vir die Gemeente is:

  1. Minder kontant op die perseel.
  2. Konstantheid

Sondag 29 November se spesiale deurkollekte was vir Arbeidsbediening George en die bedrag van R125.00 is ingevorder. Baie dankie vir jou bydrae.

Sondag 13 Desember se Spesiale Deurkollekte is vir ons Noodkas.

.


2009logo.jpg

STRATKOM

  • Ferdinand Heymann - 083 655 5683
  • Gerrie Cronje - 082 777 2226

GEMEENTE PROJEKTE VIR 2016:

17 Januarie: Afskop Fees – Gasvryheid - Nico
31 Januarie: Nuwe Intrekkers Tee – Gasvryheid - Nico
19 – 21 Februarie: Bybel Naweek – Lering - Marius & Theuns
11 Maart: Celebrate Gemeente Konsert - Andries
12 Maart: Fietswedren - Koeloe
22 – 24 Maart: Stasies van die Kruis - Francois
8 – 12 Mei: Pinkster – Francois / Aanbidding / Lering
15 Mei: Gemeente verjaarsdag & Pinksterfees – Lering – Marius & Theuns
24 Junie – 1 Julie: Gemeente Uitreik - Plaaslik – Janna en Buiteland - Cornie
24 Julie: 64 Dae Fokus Afskop Fees – Lering – Marius & Theuns
30 Julie: Vleismark – Koeloe Basaar – Reinier & Ben
14 Augustus: Nuwe Intrekkers Tee – Gasvryheid - Nico
25 September: Nagmaal & GemeenteFees – Gasvryheid Nico
28 Oktober: Skuurdans - Reinier
29 Oktober: The Farm Run & Fun Walk - Koeloe
27 November: Kerssangdiens – Aanbidding – Andries & Reinier

.


ons_dien.jpg

DIENS

  • Pieter Groenewald - 0823785376

BADISA BLIKKIEKOS PROJEK! Baie dankie vir jou bydrae. Die kos sal so gou moontlik by Badisa afgegee word. Weet dat jou bydrae 'n verskil in iemand se lewe gaan maak.

.


ons_leer.jpg

LERING

  • Theuns Botha - 0828212119
  • Marius Smit - 0724263060

.


2009logo.jpg

KOMMUNIKASIE

  • Donovan Gultig - 0795235162

Gemeentelede word uitgenooi om van ons nuwe e-pos adres gebruik te maak. Dit is sommer vir lekker saam gesels en nuus deel. Stuur enige foto's van wat by die huis, skool, werk, selgroepe, funksies, uitstappies ens. gebeur.

Ons wil graag hê ons familie moet mekaar sien en leer ken deur die e-pos adres te gebruik. Foto's/Selfies ens. sal op ons Facebook bladsy geplaas word.

Kom Praat Saam met Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Ons Facebook bladsy is https://www.facebook.com/Blancogemeente

.


2009logo.jpg

UIT DIE KANTOOR

.


 

Sondag

Erediens9h00
Kindergroepe9h00
TienergroepeNa Diens