Blancogemeente-leefGROEPE

Blancogemeente-leefGROEPE is enige kleingroep geleenthede of saamkom van gemeentelede (of nie-gemeentelede), wat of georganiseer word deur die leefGROEP-span (bv. selgroepe, Bybelstudiegroepe, belangegroep, Kids & Tiener groepe) of wat spontaan maar ook intensioneel gebeur (bv. huisgesinne, vriende, belangegroepe ens) wat “KLEINKERK” hou deur te konnek (met God, mekaar en ander mense) en saam te groei en gereeld bymekaarkom.

Hoe kan ek inskakel by ‘n LeefGroep?

Ons moedig elke gemeentelid aan om deel van ’n LeefGroep te wees / te raak. Stuur ’n e-pos na kantoor@blancogemeente.co.za, stuur ’n Whatsapp na 062 900 8208, kontak ’n leraar, of dui dit aan op nuwe lidmaat vorm.

DINGE OM TE WEET IN 2026

75 Jaar FeesJaar

Dankbaar vier ons fees oor Blancogemeente se 75ste bestaansjaar. God het ons tot hiertoe gelei, en ons weet Hy sal ons vorentoe lei. In 2026 gaan ons heel jaar fees vier met ’n hele aantal fees geleenthede, met die groot feesgeleentheid vanaf 15-24 Mei.

Hoe kan ek konnek?

Almal is welkom by Sondae 9:00 se eredienste en saamkuier 10:00 in die Kuierarea. Word deel van ’n LeefGroep. Raak betrokke by gemeente bedieninge en aktiwiteite. Skakel gerus die kerkkantoor by 044 870 7595, stuur ’n Whatsapp boodskap na 062 900 8208, stuur ’n e-pos na kantoor@blancogemeente.co.za vir verdere inligting. Sosiale media platforms: Webtuiste: www.blancogemeente.co.za, YouTube: blancogemeente, Facebook: Blancogemeente George, Instagram: blancogemeente

Hoe kan ek konnek met ’n leraar?

Vir enige pastorale gesprekke, kuiers (= besoeke), of enige ander afspraak is jy welkom om met enige van die leraars kontak te maak:

Ferdi Boll 082 670 3773 of bollferdinand@gmail.co.za

Francois Mulder 082 676 4275 of francois@blancogemeente.co.za

Cornie Pretorius 083 303 8050 of cornie@blancogemeente.co.za

Hoe kan ek inskakel by ’n LeefGroep?

Ons moedig elke gemeentelid aan om deel van ’n LeefGroep te wees / te raak. Stuur ’n e-pos na kantoor@blancogemeente.co.za , stuur ’n Whatsapp na 062 900 8208, kontak ’n leraar, of dui dit aan op nuwe lidmaat vorm.

Wat van kids en tieners?

KidsKerk en BlancoTieners skop af Sondag oggend 18 Januarie met inskrywings. Daarna is daar weekliks KidsKerk tydens die eredienste en BlancoTieners is Sondae aande 17:30-19:00 by die KuierArea.